Friday, November 2, 2012

Zuma wants 'African' justice


http://www.timeslive.co.za/thetimes/2012/11/02/zuma-wants-african-justice

President Jacob Zuma has tacitly endorsed the controversial Traditional Courts Bill, telling chiefs not to buy in to the legal practices of the white man.

Speaking at the opening of the National House of Traditional Leaders in parliament yesterday, Zuma said Africans had their own way of solving their problems through traditional institutions.

"Prisons are done by people who cannot resolve problems.

"Let us solve African problems the African way, not the white man's way," Zuma said, to cheers from traditional leaders.

"Let us not be influenced by other cultures and try to think the lawyers are going to help. We have never changed the facts. They tell you they are dealing with cold facts. They will never tell you that these cold facts have warm bodies," he said.

Zuma's view could be seen as an endorsement of the controversial Traditional Courts Bill, which has women's rights groups, the ANC Women's League and the Ministry for Women, Children and People with Disabilities up in arms.

Drafters of the bill have argued that it will offer the prospect of access to justice to 18million citizens who live in the rural areas.

But women's rights groups believe the bill will disempower millions of rural women by not allowing them access to the formal justice system when they have been wronged.

They believe this and other problematic provisions make the bill unconstitutional.

One of Zuma's ministers, Lulu Xingwana, who presides over the Ministry for Women, Children and People with Disabilities, has been a fierce critic of the bill, demanding it be redrafted altogether.

When the bill was discussed in parliament in September, she said: "Let me remind you the constitution has an equality clause that supersedes custom. I plead with the National Council of Provinces not to pass this bill [because it] is an apartheid-era piece of legislation.

"It's oppressive to women and discriminatory . We don't think traditional courts should be allowed to impose forced labour. Why are we taking our people [back] to the dark ages?"

There had been "no consultation" with rural women, Xingwana said.

The ANC Women's League - which has endorsed Zuma for a second term - has also called for the bill to be recalled.

Zuma was adamant yesterday that traditional authorities had sufficient capacity to deal with legal matters affecting people under their jurisdiction.

"Our view is that the nature and the value system of the traditional courts of promoting social cohesion and reconciliation must be recognised and strengthened in the bill," he said. But he realised there were genuine concerns that the courts fell outside of a proper legislative framework.

According to Zuma, there was no need to involve external law-enforcement agencies in issues that could be solved by a chief.

He slammed Africans who had become "most eloquent" in criticising their cultural background.

"We are Africans. We cannot change to be something else."

Zuma also lashed out at critics of the government who, he said, continued to mislead the poor into believing "poverty was worse" now than in the apartheid era.

He said there was no factual basis to claims that the gap between the rich and the poor was widening.

"It is an absolutely wrong statement and has been repeated and we have almost come to believe it is true. It is not scientifically correct. It is a spin to criticise the democratic government."

Before 1994 the population of black people had not been counted and therefore any gaps in wealth could not be measured, Zuma said.

"It's a manipulation of the words to make us who are in a democratic country responsible for the sins of apartheid.

"It [the gap between rich and poor] has not been growing since 1994, it has been narrowing.

"Poverty was worser [sic] than what it is now. Fifteen million poor people get the [social] grant, which they didn't get before. If that's not closing the gap, what is it?"

Zuma urged traditional chiefs to do their part to quell violent wildcat strikes over service delivery and working conditions.

He said another Marikana massacre could not be tolerated.

But, he said, international commentators who likened such events to the violent apartheid days were unjustified.

"No, we will never go back to apartheid. In apartheid times the Marikana situation was a daily occurrence. People were being killed left, right and centre, and there was no one to stop it. It was a culture, the nature of government was different," he said.

Tuesday, October 16, 2012

Malema willing to shed blood for land

http://www.timeslive.co.za/politics/2012/10/16/malema-willing-to-shed-blood-for-land-report




Malema was in Harare on Saturday to attend a wedding ceremony and address Zanu-PF youth, the Zimbabwean Herald Online reported.


He said the youths in South Africa were calling for whites to surrender land and minerals resources they hold because "when they came from Europe they did not carry any land into South Africa.


"What we are asking is for them to surrender our minerals because they did not come with any mineral. We want that land and those minerals for free because they never paid for those minerals."


Malema said whites committed murder to get land.


"Actually they killed people to get that land and those minerals. We are not going to give them money when we take the land back because it will be like we are thanking them with money for killing our people.


"We will never do that, little did they know that we are not scared of blood. We are scared of defeat. We don't want to be defeated but seeing blood is not what we are scared of as long as that blood delivers what belongs to us we are prepared to go to that extent."


Malema told the youth he was in Zimbabwe to gain inspiration and wisdom, so that when he returned home he could "double the spirit of fighting against imperialist forces".


Malema faces a money-laundering charge relating to a R52 million tender awarded to On-Point engineers, which he allegedly benefited from.

Wednesday, October 10, 2012

Aanslag op die Woord van God



http://www.suiwerleer.co.za/aanslag_op_die_woord_van_god.htm


Aanslag op die Woord van God


Daar word weer pogings aangewend om die Afrikaanse Bybel te vertaal. Die rede wat aangevoer word, is dat die 1983 vertaling, wat ook bekend staan as die Nuwe Vertaling, alreeds verouderd is en so vol vertalingsfoute is dat dit noodsaaklik is om dit weer te vertaal. Die 1983 Nuwe Vertaling van die Afrikaanse Bybel bevat doelbewuste veranderings en weglatings wat sowel uit die eksegetiese vertaalmetode as uit die onvolledige grondteks spruit. As gevolg van hierdie faktore kwalifiseer die Nuwe Vertaling (1983) nie om Die Bybel genoem te word nie, maar hoogstens 'n parafrase. Sekere van hierdie foute is egter in latere uitgawes van die Nuwe Vertaling reggestel. Intussen het populêre Bybelverklarings asook nog meer vrye vertalings/parafrases die lig gesien, waaronder: Die Bybel in Praktyk, die Bybellennium, Die Boodskap, Die Evangelie vir kinders, “Leefstyl-Bybel vir Vroue” e.s.m. waarin van ’n geheel ander benadering uitgegaan word. In al hierdie gevalle word daar van God se Woord afgewyk.
Verdraaiings in die Nuwe Vertaling


In die jare sedert die Nuwe Afrikaanse Bybel in 1983 deur die Bybelgenootskap vrygestel is, het 'n skokkende lang lys vertaalfoute, verdraaiings, afgewaterde stellings en weglatings aan die lig gekom. Hierdie foute kan gedeeltelik herlei word na die onvolledige grondteks wat gebruik is, en andersyds na die willekeurig eksegetiese vertalingsmetode, nl. die dinamies-ekwivalente metode, wat gevolg is. Slegs 'n paar van hierdie foute is reggestel in die 1996 uitgawe.


Die vertalers het hulleself die vryheid veroorloof om in terme van hul eie teologiese raamwerk verklarend te vertaal en in die proses die betekenisse van baie tekste te verander. 'n Doelbewuste poging is ook aangewend om Ou Testamentiese Messiaanse profesieë só te verdraai of te versluier dat die leser nie moet agterkom dat dit op die Here Jesus dui nie. Die mees skokkende feit is die groot aantal plekke in die Nuwe Vertaling waar die Naam van Jesus Christus weggelaat is.


God is onveranderlik. God se Woord is ook onveranderlik. Jesus sê in Mattheus 24:35, "Die hemel en die aarde sal verbygaan, maar my woorde sal nooit verbygaan nie." Waarom is sommige dan so gretig om wysigings van God se woord te aanvaar in die vorm van ander weergawes van die Bybel? Christene val die Ou Vertaling aan deur dinge te sê soos, "dit is te moeilik om te lees" of "dit is te moeilik om te verstaan". Ons moet onthou dat die Bybel 'n geestelike boek is en verstaanbaar vir diegene wat deur die Heilige Gees gelei word om dit te verstaan. Dit is nie moontlik vir die natuurlike mens om die Bybel te verstaan nie [1 Korinthiërs 2:14], daarom kan dit geen nut hê om die Bybel te herbewoord of te vereenvoudig nie (sien ook Matt.11:27; 1 Kor 1:21; Hand. 4:4; Ps 8:2). Dit wat God vir wyse en verstandige mense verberg het, openbaar Hy aan kindertjies (Matt. 11:25). Die Bybel is nie veronderstel om soos 'n feeverhaal te lees nie. Petrus sê: "Want ons het nie kunstig verdigte fabels nagevolg toe ons julle die krag en koms van onse Here Jesus Christus bekend gemaak het nie," (2 Petrus 1:16). Die ware Woord het krag (Heb 4:12-3; Ef 6:17; 1 Pet 1:23; Jes 49:2; Op 1:16). Sodra dit verander word, word dit kragteloos. Die onvervalste Woord van God is noodsaaklike geestelike voedsel vir God se kinders, daarom sê Jesus: " Die mens sal nie van brood alleen lewe nie, maar van elke woord wat deur die mond van God uitgaan" (Mat. 4:4).


Indien die Nuwe Vertaling egter as 'n parafrase bemark is, sou dit minder misleidend gewees het. Om dit egter ten spyte van die vrysinnige vertaling, byvoegings, weglatings en subjektiewe veranderings nog steeds DIE BYBEL te noem, is om die minste te sê aanmatigend.


God sê duidelik in sy Woord:


"Julle mag by die woord wat Ek julle beveel, niks byvoeg nie, en julle mag daar niks van weglaat nie; sodat julle die gebooie van die Here julle God mag onderhou, wat Ek julle beveel" (Deut. 4:2).


"Want ek betuig aan elkeen wat die woorde van die profesie van hierdie boek hoor: As iemand by hierdie dinge byvoeg, dan sal God oor hom die plae byvoeg waarvan in hierdie boek geskrywe is. En as iemand iets van die woorde van die boek van hierdie profesie wegneem, dan sal God sy deel wegneem uit die boek van die lewe en uit die heilige stad en uit die dinge waarvan in hierdie boek geskrywe is" (Openbaring 22:18,19).


Die Woord van God versus Die 1983 Vertaling


'n Aantal van die belangrikste verskille tussen die Ou Vertaling (1933 soos in 1953 hersien) en die Nuwe Vertaling (1983) word hieronder aangetoon. Slegs enkele tekste word uit die Ou Testament aangehaal, daar is nog baie meer:

Verwysing
Ou Vertaling (1953)
Nuwe Vertaling (1983)

Gen. 1:26
"En God het gesê: Laat Ons mense maak na ons beeld, na ons gelykenis, en laat hulleheers oor die visse van die see en die voëls van die hemel en die vee en oor die hele aarde en oor al die diere wat op die aarde kruip."
"Toe het God gesê: "Kom Ons maak die mens as onsverteenwoordiger, ons beeld, sodat hy kan heers oor die vis in die see, die voëls in die lug, die mak diere, die wilde diere en al die diere wat op die aarde kruip."
Kommentaar: Die woord "verteenwoordiger" is bygevoeg. Daar is geen sprake van 'n "verteenwoordiger" van God in die Ou Vertaling nie en ook nie in die King James Version (KJV) nie.  [Vgl. King James Version (1611) "And God said, Let us makeman in our image, after our likeness: and let them have dominion over the fish of the sea, and over the fowl of the air, and over the cattle, and over all the earth, and over every creeping thing that creepeth upon the earth."]
Verwysing
Ou Vertaling (1953)
Nuwe Vertaling (1983)
Gen. 1:27
"En God het die mens geskape na sy beeld; na die beeld van God het Hy hom geskape; man en vrou het Hy hulle geskape."
"God het die mens geskep as sy verteenwoordiger, as beeld van God het Hy die mens geskep, man en vrou het Hy hulle geskep."
Kommentaar: Vanaf Genesis 1 tot Genesis 4 word daar na Adam verwys as "die mens" bv. "die mens en sy vrou".
(Vgl. Gen 3:20,21) Waar daar in bg. teks na die mens verwys word, beteken dit die man, Adam. Die man is na die beeld van God geskape. Die vrou is uit die man geskep as hulp vir die man en om by hom te pas. (Vgl. KJV: "So God created man in his own image, in the image of God created he him; male and female created he them.") Vgl. ook Gen 5:1 in die Ou Vertaling.
Vgl. ook 1 Kor 11:7 "Want 'n man moet die hoof nie bedek nie, omdat hy die beeld en heerlikheid van God is; maar die vrou is die heerlikheid van die man."
(KJV: "For a man indeed ought not to cover his head, forasmuch as he is the image and glory of God: but the woman is the glory of the man.") In die Nuwe Vertaling is dit baie vaag gestel en word dit vertolk as of die mens God se verteenwoordiger is en as of alby na die beeld van God geskape is,  wat ‘n leun is. 
Gen. 2:1
"So is dan voltooi die hemel en die aarde met hulle ganse leërmag."
"Die hemel en alles daarin is voltooi en ook die aarde en alles daarop."
Kommentaar: Die Nuwe Vertaling is hier baie vaag. Wat is die "alles" waarna verwys word? Die Ou Vertaling is spesifiek. Hier word na God se leërmag verwys. Vgl. Ps 33:6. Dit verwys ook na die leër van die hemel nl. die sterre Vgl. Deut 4:19; Deut 17:3 en Dan 8:10. Vgl. ook Jes 31:35; Ps.84:9 en Amos 5:27 waar daar na "Here of God van die leërskare" verwys word wat die engele leërskare insluit vgl. Luk 2:13; Dan 7:10; Openb 5:11.
Gen. 2:17
"maar van die boom van die kennis van goed en kwaad, daarvan mag jy nie eet nie; want die dag as jy daarvan eet, sal jy sekerlik sterwe."
"maar van die boom van alle kennis mag jy nie eet nie. Die dag as jy daarvan eet, sterf jy."

Kommentaar: (Vgl. King James Version (KJV): "But of the tree of the knowledge of good and evil, thou shalt not eat of it: for in the day that thou eatest thereof thou shalt surely die.") Indien dit die boom van alle kennis was, sou die mens nou alwetend gewees het. Vgl. Gen 3:22
Gen. 2:18
"Ook het die HERE God gesê: " Dit is nie goed dat die mens alleen is nie. Ek sal vir hom 'n hulp maak wat by hom pas. "
"Verder het die Here God gesê: "Dit is nie goed dat die mens alleen is nie. Ek sal vir hom iemand maak wat hom kan help, sy gelyke."
Kommentaar: Die woorde "sy gelyke" is bygevoeg om by die gelykheidsbeginsel (equality) van die Nuwe Wêreldorde van Satan in te pas. Dit is 'n humanistiese benadering om by die mens en menseregte aan te pas. Gelykheid is een van Satan se groot leuns. Met die laaste oordeel sal daar laastes wees wat eerste sal wees, en eerstes wat laaste sal wees (Luk 13:30 en Mat 19:30). Volgens die skeppingsorde en die gesagsorde deur God ingestel, is die man die hoof van die vrou. Die man is eerste geskape. God het die man uit die stof van die aarde geformeer. Die vrou is egter daarna uit die man geskape. Die man is ook nie terwille van die vrou geskape nie, maar die vrou ter wille van die man. Daar kan dus geen sprake van gelykheid wees nie. (Vgl. Gen 3:16; Kol 3:18; 1 Kor 11:3,8,9; 1 Pet 3:1-7; 1 Tim 2:11-15; Titus 2:3-5; Efés 5:22-33 in die Ou Vertaling) (Vgl. KJV "And the LORD God said, It is not good that the man should be alone; I will make him an help meet for him.")
Gen. 2:20
"So het die mens dan name gegee aan al die vee en aan die voëls van die hemel en aan al die wilde diere van die veld, maar vir die mens het hy geen hulp gevind wat by hom pas nie."
"Die mens gee toe name vir al die mak diere, die voëls en die wilde diere, maar vir homself het hy nie 'n helper, 'n gelyke, gekry nie."
Kommentaar: Die woorde " 'n gelyke " is weereens bygevoeg om by die gelykheidsbeginsel (equality) van die Nuwe Wêreldorde in te pas. Die vrou is as hulp vir die man geskape en om by hom te pas. (Vgl. King James Version "And Adam gave names to all cattle, and to the fowl of the air, and to every beast of the field; but for Adam there was not found an helpmeet for him.")
Gen. 2:23
"Toe sê die mens: Dit is nou eindelik been van my gebeente en vlees van my vlees. Sy salmannin genoem word, want sy is uit die man geneem."
"Toe sê die mens: "Hierdie keer is dit een uit myself,een soos ek. Daarom sal sy "vrou" genoem word; sy is uit die man geneem."
Kommentaar: Vers 23 is verdraai deur die woorde "een soos ek" te gebruik om aan te pas by "sy gelyke" om weereens by die gelykheidsbeginsel van die Nuwe Wêreldorde soos hierbo genoem, in te pas. (King James Version: "And Adam said, This is now bone of my bones, and flesh of my flesh: she shall be called Woman, because she was taken out of Man.") 
Gen. 2:24
"Daarom sal die man sy vader en moeder verlaat en sy vrou aankleef. En hulle sal een vlees wees."
"Daarom sal 'n man sy vader en moeder verlaat en saam met sy vrou lewe, en hulle sal een word."
Kommentaar: Die woorde "een vlees wees" is vervang met "een word" vgl. Efés 5:31,32 (King James Version: " Therefore shall a man leave his father and his mother, and shall cleave unto his wife: and they shall be one flesh.")
Gen. 3:22
"Toe sê die Here God: Nou het die mens geword soos een van Ons deur goed en kwaad te ken."
" Toe het die Here God gesê: Die mens het nou soos een van Ons geword deurdat hy alles kan ken."
Kommentaar: Die kind van God besit die vermoë om te onderskei tussen goed en kwaad. Die mens het dus nie alwetend geword soos God, deur alles te ken nie. 
Verwysing
Ou Vertaling (1953)
Nuwe Vertaling (1983)
Gen. 5:1
"Dit is die stamboom van Adam. Die dag toe God Adam geskape het, het Hy hom gemaak na die gelykenis van God."
"Hier volg die geslagsregister van Adam. Toe God die mense geskep het, het Hy hulle gemaak as beeld van Homself."
Kommentaar: Hier word na die skepping van Adam verwys. Slegs Adam is na die beeld en gelykenis van God geskape en daarom verwys die Ou Vertaling in genoemde teksvers na die woord "hom". (King James Version: "This is the book of the generations of Adam. In the day that God created man, in the likeness of God made he him;") Vgl. ook Gen 1:27 en 1 Kor 11:7 in die Ou Vertaling. Dit is dus 'n dwaling om die term "hulle" hier te gebruik.
Gen. 32:24-30
Maar Jakob het alleen agtergebly, en 'n Man het met hom geworstel tot dagbreek. En toe Hy sien dat Hyhom nie kon oorwin nie, slaan Hy hom op sy heupbeen, sodat die heupbeen van Jakob uit lit geraak het in die worsteling met Hom. Toe sê Hy: Laat Mygaan, want die dag het gebreek. Maar hy antwoord: Ek sal U nie laat gaan nie tensy dat U my seën. En Hy vra hom: Hoe is jou naam? En hy antwoord: Jakob. Toe sêHy: Jy sal nie meer Jakob genoem word nie, maar Israel; want jy het geworstel met God en met die mense en het oorwin. Daarop vra Jakob en sê: Maak tog u Naam bekend! En Hy antwoord: Waarom vra jy tog na my NaamEn Hy het hom daar geseën. Toe noem Jakob die plek Pniël; want, het hy gesê, ek hetGod gesien van aangesig tot aangesig, en tog is my lewe gered. En die son het vir hom opgegaan net toe hy Pnuel verby was; en hy was mank aan sy heupDaarom eet die kinders van Israel die heupsening, wat aan die heupbeen is, tot vandag toe nie, omdat Hy Jakob op die heupbeen, aan die heupsening, geslaan het.
Jakob het alleen daar agtergebly, en 'n man het tot dagbreek met hom gestoei. Toe die man agterkom dathy nie vir Jakob kan wen nie, het die man, terwyl hy met hom stoei, vir Jakob teen die heup geslaan sodat dit uit die potjie gespring het. Die man het vir Jakob gesê: "Los my, want die dag breek." Jakob het geantwoord: "Ek sal jou net los as jy my seën." Toe vra die man: "Wat is jou naam?" en hy antwoord: "Jakob." Die man het gesê: "Jy sal nie meer Jakob genoem word nie, maar Israel, {Die naam Israel herinner aan die Hebreeuse woorde vir "stryd voer" en "God"} want jy het teen God en teen mense 'n stryd gevoer en jy het dit end-uit volgehou." Toe sê Jakob: "Sê my tog jou naam," en die man vra: "Waarom vra jy my naam?" Hy het vir Jakob net daar geseën, en Jakob het die plek Pniël {Die naam Pniël herinner aan die Hebreeuse woorde vir "aangesig" en "God"} genoem, "want", het hy gesê, "ek het God van aangesig tot aangesig gesien en tog het ek nie omgekom nie." (Laaste twee sinne is uitgelaat)

Kommentaar: Die "Man" waarna in die Ou Vertaling verwys word, is die "Engel van die HERE", deur wie Jesus in die Ou Testament verskyn het. (Vgl. Hos. 12:3-4). Dit is waarom dit in hoofletters is. Dit was nie ‘n gewone man nie, want in vers 30 word daar na God verwys. Die Nuwe Vertaling verwys sommer na ‘n gewone man, wat deur Jakob as "jy" en "jou" aangespreek word. Let op die klein letters. God word hierdeur geminag.
Gen. 43:34
"Hierop het hy aan hulle porsies uitgedeel van die ete wat voor hom staan... En hulle het gedrink en saam met hom vrolik geword."
"Elkeen se kos is van Josef se tafel af aangegee... Hulle het wyn gedrink en saam met Josef dronkgeword."
Lev. 18:7
"Jy mag die skaamte van jou vader en die skaamte van jou moeder nie ontbloot nie: sy is jou moeder jy mag haar skaamte nie ontbloot nie."
"Jy mag nie jou pa die skande aandoen dat jy met jou ma gemeenskap het nie. Sy is tog immers jou ma. Jy mag nie met haar gemeenskap hê nie."
Kommentaar: (KJV) "The nakedness of thy father, or the nakedness of thy mother, shalt thou not uncover: she is thy mother; thou shalt not uncover her nakedness." Vgl. Gen 9:22-25. Hier word die ontbloting van die naaktheid van jou pa en jou ma verbied. Die Nuwe Vertaling is hier verdraai.
Deut. 23:2
"Geen baster mag in die vergadering van die HERE kom nie; selfs sy tiende geslag mag in die vergadering van die HERE nie kom nie."
"Niemand wat gebore is uit ontoelaatbare geslags- gemeenskap mag lid van die gemeente word nie, selfs nie so 'n persoon se tiende nageslag nie."
Kommentaar: (KJV) "A bastard shall not enter into the congregation of the LORD; even to his tenth generation shall he not enter into the congregation of the LORD." Vgl. Sag 9:6. Die Nuwe Vertaling skram doelbewus weg van die term " baster". In die Nuwe Vertaling word daar t.o.v ontoelaatbare geslagsgemeen-skap verwys na Lev 18:6-20 wat ook alreeds verdraai is.
Rigt. 13:4
"Neem jou dan nou tog in ag en drink geen wyn of sterk drank nie en eet niks wat onrein is nie."
"Jy moet jouself goed oppas en nie wyn of bier drink nie en ook nie iets onreins eet nie."
Kommentaar: "Sterk drank" is verander na "bier". (KJV) "Now therefore beware, I pray thee, and drink not wine nor strong drink, and eat not any unclean thing."
Ps. 2:6
Ek tog het my Koning gesalf oor Sion, my heilige berg.
"Dit is Ek wat hom as my koning gesalf het op Sion, my heilige berg."
Kommentaar: Ps. 2 handel oor die stryd en oorwinning van Jesus Christus,  maar "hom" en "koning" is met kleinletters. 
Ps. 2:7
Die HERE het aan My gesê: U is my -Seun, vandag het Ek self U gegenereer.
Hy het vir my gesê: "Jy is -my seun, van vandag af is Ekjou Vader.
Kommentaar: "Seun" (Jesus) is ‘n keinletter en "U" is verander na "jy" en "jou".   
Ps. 2:12
Kus die Seun, dat Hy nie toornig word en julle op die weg  -vergaan nie; want gou kan sy toorn ontvlam.
en Hom onderdanig wees, sodat Hy nie toornig word en julle op die pad -omkom nie, want sy toorn ontvlam gou.
Kommentaar: "Kus die Seun", verdwyn hier in vers 12. In die Nuwe Vertaling is hier geen aanduiding dat dit Jesus is nie. 
Verwysing
Ou Vertaling (1953)
Nuwe Vertaling (1983)
Ps. 22:17
"...'n bende kwaaddoeners het my omring; hulle het my hande en my voete deurgrawe."
"Die bende misdadigers sak op my toe, hulle bind my hande en voete vas."
Kommentaar: Hierdie Psalm is 'n Messiaanse profesie wat op die kruisiging dui. Jesus se hande en voete is nie vasgebind nie, maar deurgrawe (deurboor).
Ps. 22:19
Hulle verdeel my klere onder mekaar en werp die lot -oor my gewaad.
Hulle verdeel my klere onder mekaar en trek lootjies oor my -mantel.
Kommentaar: Gewaad is met mantel vervang. Die lot is nie oor Christus se mantel gewerp nie, maar oor sy onderkleed (gewaad) vgl. Joh. 19:23-24; Matt. 27:35. 
Ps. 23:1
" 'n Psalm van Dawid. Die HERE is my herder; niks sal my ontbreek nie."
" 'n Psalm van Dawid. Die Here is my herder, ek kom niks kort nie."
Kommentaar: (KJV) "The LORD is my shepherd; I shall not want."
Ps. 23:2
"Hy laat my neerlê in groen weivelde; na waters waar rus is, lei Hy my heen."
"Hy laat my rus in groen weivelde. Hy bring my by waters waar daar vrede is."
Kommentaar: (KJV) "He maketh me to lie down in green pastures: he leadeth me beside the still waters."
Ps. 23:3
"Hy verkwik my siel; Hy lei my in die spore van geregtigheid, om sy Naam ontwil."
"Hy gee my nuwe krag. Hy lei my op die regte paaie tot die eer van sy Naam."
Kommentaar: Die Psalmdigter se siel word verkwik en nie sy liggaamskragte nie. (KJV) "He restoreth my soul: he leadeth me in the paths of righteousness for his name's sake."
Ps. 23:4
"Al gaan ek ook in 'n dal van doodskaduwee, ek sal geen onheil vrees nie; want U is met my: u stok en u staf die vertroos my."
"Selfs al gaan ek deur donker dieptes, sal ek nie bang wees nie, want U is by my. In u hande is ek veilig."
Kommentaar: (KJV) "Yea, though I walk through the valley of the shadow of death, I will fear no evil: for thou art with me; thy rod and thy staff they comfort me."
Ps. 23:5
"U berei die tafel voor my aangesig teenoor my teëstanders; U maak my hoof vet met olie; mybeker loop oor."
"U laat my by 'n feesmaal aansit, terwyl my teëstanders moet toekyk. U ontvang my soos 'n eregas, ek word oorlaai met hartlikheid."
Kommentaar: (KJV) "Thou preparest a table before me in the presence of mine enemies: thou anointest my head with oil; my cup runneth over."
Ps. 23:6
"Net goedheid en guns sal my volg al die dae van my lewe; en ek sal in die huis van die HERE bly in lengte van dae."
"U goedheid en liefde sal my lewe lank by my bly en ek sal tuis wees in die huis van die Here tot in lengte van dae."
Kommentaar: (KJV) "Surely goodness and mercy shall follow me all the days of my life: and I will dwell in the house of the LORD for ever." Psalm 23 is so afgewater in die Nuwe Vertaling dat dit sy waarde verloor het.
Ps. 31:6
In u hand gee ek my gees oor; U het my verlos, HERE, God -van trou.
In u hande gee ek my lewe oor, want, Here, troue God, U het my -vrygemaak.
Kommentaar: Dit is Christus se laaste kruiswoorde (Luk 23:46 OAV). Jesus het sy gees aan God oorgegee.     
Ps. 69:22
"En hulle het aan my gal gegee as my spys, en vir my dors het hulle my asyn laat drink."
"Toe ek honger was, het hulle my gif aangebied, toe ek dors was, wou hulle my asyn laat drink."
Kommentaar: (KJV: "They gave me also gall for my meat; and in my thirst they gave me vinegar to drink.") Hierdie is nog 'n Messiaanse profesie wat op die kruisiging dui, maar let op hoe is dit verander. Vgl Mat 27:34,48
Ps. 80:16
"en wees 'n beskerming vir wat u regterhand geplant het, en oor die seun wat U vir Uself grootgemaak het."
"Hou in stand wat U met u eie hand geplant het, diewingerdstok wat U vir Uself gekweek het!"
Ps. 80:18
"Laat u hand wees oor die man van u regterhand, oor die menseseun wat U vir Uself grootgemaak het."
"Hou u hand oor die mense wat deur U uitgekies is, oor die volk wat U vir U grootgemaak het."
Kommentaar: King James Version: "Let thy hand be upon the man of thy right hand, upon the son of man whom thou madest strong for thyself."
Ps. 83:13
wat sê: "Laat ons die woninge van God vir ons in besit neem!"
wat gesê het: "Kom ons vat die weivelde van God vir ons."
Kommentaar: (KJV) "Who said, Let us take to ourselves the houses of God in possession."
Ps. 84:9
"HERE, God van die leërskare, hoor my gebed; luister tog, o God van Jakob! Sela."
"Here, almagtige God, hoor my gebed, luister tog, God van Jakob! Sela"
Kommentaar: (KJV) "O LORD God of hosts, hear my prayer: give ear, O God of Jacob. Selah." Die benaming "HERE van die leërskare" kom nêrens in die Nuwe Vertaling voor nie. Sien ook Amos 5:27
Ps. 84:10
"o God, ons skild, kyk en aanskou die aangesig van u gesalfde."
"Sien tog om na die koning, ons beskermer, o God; hou u gesalfde onder u sorg."
Kommentaar: (KJV) "Behold, O God our shield, and look upon the face of thine anointed." In die Nuwe Vertaling lyk dit of die koning die beskermer is.
Verwysing
Ou Vertaling (1953)
Nuwe Vertaling (1983)
Ps. 110:1
Die HERE het tot my Here gespreek: Sit aan my regterhand, totdat Ek u vyande maak 'n voetbank vir u voete.
Die Here het vir my heer die koning gesê: "Kom sit aan my regterhand, en Ek sal jou vyande aan jou onderwerp."  
Kommentaar: Dit dui op Jesus Christus,  maar hier d.m.v. kleinletters versluier en verloën.   ‘Die HERE (Jehovah) het tot my Here (Adonai) gespreek’. Vgl. Matt. 22:44; 26:64; Mark. 12:36; Luk. 20:42-43; Hand. 2:34-35; Heb. 1:13
Ps. 118:26
Geseënd is hy wat kom in die Naam van die HERE!
Prys hom wat in die Naam van die Here kom!

Jes. 7:14

"Daarom sal die Here self aan julle 'n teken gee: Kyk,die maagd sal swanger word en 'n seun baar en hom Immánuel noem."
"Die Here sal daarom self vir julle 'n teken gee: 'n Jong vrou sal swanger word en 'n seun in die wêreld bring en sy sal hom Immanuel noem."
Kommentaar: "Therefore the Lord himself shall give you a sign; Behold, a virgin shall conceive, and bear a son, and shall call his name Immanuel." Dit is 'n teken ('n wonderwerk) as 'n maagd swanger raak, maar nie as 'n jong vrou swanger raak nie. 'n Jong vrou is nie noodwendig 'n maagd nie. Die Nuwe Vert. skram doelbewustelik van die maagdelike geboorte van Jesus en 'n konnotasie met Matt. 1:23 weg. In Jesaja 7:14 staan daar letterlik dat: "...die maagd sal swanger word en 'n kind hê", m.a.w. die maagd sal 'n kind hê wat nie deur 'n man verwek is nie. Vgl ook Matt 1:18-25
Jes. 49:1
"Hoor na My, eilande, en luister, volke wat ver is! Die HERE het My geroep van die moederskoot af, van my geboorte af het Hy my naam genoem."
"Luister na My, eilande, gee aandag, nasies wat ver is! Die Here het my voor my geboorte al geroep; toe ek nog in my moeder se liggaam was, het Hy my op my naam genoem."
Kommentaar: Hier is 'n poging aangewend om een van die Messiaanse profesieë te versluier. Die woord "My" wat op die Here Jesus dui, is in die Nuwe Vertaling met 'n kleinletter geskryf. As gevolg van hierdie versluiering kan die leser van die Nuwe Vertaling nie vasstel dat hierdie teks na Jesus verwys nie.
Jes.49:2
"En Hy het my mond gemaak soos 'n skerp swaard, in die skaduwee van sy hand het HyMy verberg; en Hy het My 'n skerp pyl gemaak, in sy pylkoker My weggesteek;"
"Hy het my mond soos 'n skerp swaard gemaak, my in die skaduwee van sy hand verberg, Hy het my 'n skerp pyl gemaak en my in sy pylkoker weggesteek."
Kommentaar: Hier is nog 'n Messiaanse profesie versluier deur die woord "My" wat op die Here Jesus dui, in die Nuwe Vertaling met 'n kleinletter te skryf. In die Nuwe Vertaling, word Jesus in al hierdie Messiaanse profesieë verloën.
Jes. 49:3
"en Hy het vir My gesê: Jy is my kneg, Israel, in wie Ek My verheerlik."
"Hy het vir my gesê: Jy is my dienaar, jy is Israel, deur jou maak Ek my mag bekend."
Kommentaar: Weer eens is die Messiaanse profesie versluier deur die woord "My" wat op die Here Jesus dui, in die Nuwe Vertaling met 'n kleinletter te skryf.
Jes.49:5
"En nou sê die HERE wat My van die moeder-skoot af geformeer het om sy Kneg te wees, om Jakob na Hom terug te bring en dat Israel by Hom versamel mag word -- en Ek word geëer in die oë van die HERE, en my God is my sterkte --"
"En nou maak die Here 'n aankondiging, Hy wat my in die moederskoot al sy dienaar gemaak het om Jakob na Hom toe terug te bring sodat Israel nie meer verstrooi sal wees nie. Die Here het my 'n belangrike opdrag gegee en my God gee my die krag om dit te doen."
Kommentaar: Hier is nog 'n Messiaanse profesie versluier deur die woorde "my" en "dienaar" wat op die Here Jesus dui, in die Nuwe Vertaling met kleinletters te skryf.
Jes.52:13
"Kyk, my Kneg sal voorspoedig wees, Hy sal hoog en verhewe, ja, baie hoog word."
"My dienaar sal voorspoedig wees. Hy sal hoog in aansien wees, hy sal baie eer ontvang."
Kommentaar: Die woord "Kneg" wat op die Here Jesus dui, is in die Nuwe Vertaling met die woord "dienaar" vervang en ook met 'n kleinletter geskryf om die Messiaanse profesie te versluier.
Jes. 52:15
"so sal Hy baie nasies laat opspring, konings sal hulle mond oor Hom toehou; want wat aan hulle nie vertel is nie, sien hulle; en wat hulle nie gehoor het nie, word hulle gewaar."
"Maar hy gaan baie nasies laat opspring van verbasing. Konings sal sprakeloos wees oor hom, want hulle sal iets sien wat nie aan hulle vertel is nie, hulle sal iets te wete kom wat hulle nog nooit gehoor het nie."
Kommentaar: Hier is nog 'n Messiaanse profesie versluier deur die woorde "Hy" en "Hom" wat op die Here Jesus dui, in die Nuwe Vertaling met kleinletters te skryf. (Vgl. Rom. 15:21)
Jes. 53:2
"Hy tog het soos 'n loot voor sy aangesig opgespruit en soos 'n wortel uit droë grond. Hy het geen gestalte of heerlikheid gehad, dat onsHom sou aansien nie, en geen voorkoms, dat ons Hom sou begeer nie."
"Die dienaar was soos 'n loot wat voor die Here uitspruit, soos 'n plant wat wortel skiet in droë grond. Hy het nie skoonheid of prag gehad dat ons na hom sou kyk nie, nie die voorkoms dat ons van hom sou hou nie."
Kommentaar: Weer eens is die Messiaanse profesie versluier deur die woord "Hom" wat op die Here Jesus dui, in die Nuwe Vertaling met 'n kleinletter te skryf.
Jes. 53:3
"Hy was verag en deur die mense verlaat, 'n man van smarte en bekend met krankheid; ja, soos een vir wie 'n mens sy gelaat verberg; Hywas verag en ons het Hom nie geag nie."
"Hy was verag en deur die mense verstoot, 'n man van lyding wat pyn geken het, iemand vir wie die mense die gesig wegdraai. Hy was verag, ons het hom nie gereken nie."
Kommentaar: Hier is nog 'n Messiaanse profesieë versluier deur die woord "Hom" wat op die Here Jesus dui, in die Nuwe Vertaling met 'n kleinletter te skryf. (Vgl. Mark 9:12)
Verwysing
Ou Vertaling (1953)
Nuwe Vertaling (1983)
Jes. 53:4
"Nogtans het Hy ons krankhede op Homgeneem, en ons smarte -- die het Hy gedra; maar ons het Hom gehou vir een wat geplaag, deur God geslaan en verdruk was."
"Tog het hy ons lyding op hom geneem, ons siektes het hy gedra. Maar ons het hom beskou as een wat gestraf word, wat deur God geslaan en gepynig word."
Kommentaar: Hier is die woorde "Hy" en "Hom" wat op die Here Jesus dui, in die Nuwe Vertaling met kleinletters geskryf.Weer eens wil die vertalers nie hê dat Jesus hierin gesien moet word nie. Volgens Matt. 8:17 is dit egter onteenseglik 'n Messiaanse profesie.
Jes. 61:1
"Die Gees van die Here HERE is op My, omdat die HERE My gesalf het om 'n blye boodskap te bring aan die ootmoediges; Hy het Mygestuur om te verbind die gebrokenes van hart, om vir die gevangenes 'n vrylating uit te roep en vir die geboeides opening van die gevangenis;"
"Die Gees van die Here my God het oor my gekom; die Here het my gesalf om 'n blye boodskap te bring aan die mense in nood, Hy het my gestuur om die wat moedeloos is, op te beur, om vir die gevangenes vrylating aan te kondig, vryheid vir die wat opgesluit is,"
Kommentaar: Hier is nog 'n Messiaanse profesieë versluier deur die woord "My" wat op die Here Jesus dui, in die Nuwe Vertaling met 'n kleinletter te skryf.

Jes. 63:9

In al hulle benoudheid was Hy benoud, en die Engel van sy aangesig het hulle verlos; deur sy liefde en deur sy medelyde het Hy hulle verlos; en Hy het hulle opgehef en hulle gedra, al die dae van die ou tyd.
uit al hulle nood. Hy was vir hulle nie 'n vyand nie, Hy self was die engel wat hulle gered het. Hy het hulle verlos deur sy liefde en ontferming; Hy het hulle opgetel en hulle altyd gedra.
Jer. 23:5
"Kyk, daar kom dae, spreek die HERE, dat Ek vir Dawid 'n regverdige Spruit sal verwek, en asKoning sal Hy regeer en verstandig handel en reg en geregtigheid doen in die land."
"Daar kom 'n tyd, sê die Here, dat Ek vir Dawid 'n regverdige spruit sal laat opskiet, 'n koning wat verstandig sal regeer. Hy sal die reg eerbiedig en regverdig regeer in sy land."
Kommentaar: Hier is nog 'n Messiaanse profesieë versluier deur die woorde "Spruit" en "Koning" wat op die Here Jesus dui, in die Nuwe Vertaling met kleinletters te skryf.
Dan. 7:13
"Ek het gesien in die naggesigte, en kyk, met die wolke van die hemel het Een gekom soos die Seun van 'n mens" [die mens – "Son of man", soos in die King James Version].
"My nagtelike visioen het voortgeduur: daar het in die wolke iemand aangekom, iemand soos 'n menslike wese."
Kommentaar: Die titel die Seun van die mens kom hier die eerste keer in die Bybel voor, en dui onmiskenbaar op Jesus. Die Nuwe Vert. verdraai dié titel só dat niemand dit kan erken nie. (KJV: "I saw in the night visions, and, behold, one like theSon of man came with the clouds of heaven, and came to the Ancient of days, and they brought him near before him.")
Dan. 7:14
"En aan Hom is gegee heerskappy en eer en koningskap; en al die volke en nasies en tale het Hom vereer; sy heerskappy is 'n ewige heerskappy wat nie sal vergaan nie, en sy koninkryk een wat nie vernietig sal word nie."
"Aan die menslike wese is die heerskappy en eer en koningskap gegee sodat al die volke, nasies en taalgroepe hom sou dien. Sy heerskappy is 'n ewige heerskappy, dit sal nie tot niet gaan nie; sy koningskap sal nie ophou nie."
Kommentaar: Hier is nog 'n profesie wat op die Here Jesus dui. In die Nuwe Vertaling word daar verwys na " die menslike wese" met 'n kleinletter. Dit is nog 'n poging om die leser te mislei.
Dan. 9:25-26
Nou moet jy weet en verstaan: van die uitgang van die woord af om Jerusalem te herstel en op te bou tot op 'n Gesalfde, 'n Vors, is sewe sewetalle; en twee en sestig sewetalle lank sal dit herstel en opgebou word, met pleine en slote, maar in tye van benoudheid. En ná die twee en sestig sewetalle sal 'n Gesalfdeuitgeroei word, maar sonder iets vir Hom; en die volk van 'n vors wat sal kom, sal die stad en die heiligdom verwoes, maar sy einde sal met 'n oorstroming wees, en tot die einde toe sal dit oorlog wees, vasbeslote verwoestings.
Jy moet nou goed verstaan, vandat die opdrag gegee is dat Jerusalem herstel en herbou moet word, totdat 'nregeerder kom wat deur God uitverkies is, sal sewe tydperke wees. Twee en sestig tydperke lank sal Jerusalem opgebou bly, met strate en verdedigingslote, maar dit sal moeilike tye wees. Aan die einde van die twee en sestig tydperke sal 'n regeerder onskuldig doodgemaak word. Die stad en die heiligdom sal verwoes word deur die volk van 'n ander regeerder wat op die toneel sal verskyn. Die einde sal kom soos 'n oorstroming; daar sal oorlog wees tot die einde toe, rampe soos besluit is.
Kommentaar: Die “Gesalfde” en “Vors” in hierdie verse is Jesus Christus. In die Nuwe Vertaling word dit met“regeerder” vertaal, maar met kleinletters geskrywe soos op so baie ander plekke, om te voorkom dat die leser besef dat dit Jesus is. Dit is ‘n ontkenning van Jesus.
Amos 5:27
"Daarom sal Ek julle anderkant Damaskus in ballingskap wegvoer, sê die HERE wie se Naam God van die leërskare is."
"wanneer Ek julle in ballingskap laat wegvoer ver by Damaskus verby, sê die Here. Sy Naam is Almagtige God."
Kommentaar: "God van die leërskare" is verander na "Almagtige God". Die benaming "Here van die leërskare" kom nêrens in die Nuwe Vertaling voor nie. Hier word na die engele leërmag van God verwys. Vgl. Gen 2:1; 32:1,2; Luk 2:13: Ps 33:6; Jos 5:14,15; Mat 26:53 in die Ou Vertaling. Dit is dus foutief om hierdie besondere benaming elke keer te vervang met die term "Almagtige God".
Verwysing
Ou Vertaling (1953)
Nuwe Vertaling (1983)
Miga 5:1
"En jy, Betlehem Éfrata, klein om te wees onder die geslagte van Juda, uit jou sal daar vir My uitgaan een wat 'n Heerser in Israel sal wees; en sy uitgange is uit die voortyd, uit die dae van die ewigheid."
"Maar jy, Betlehem-Efrata, jy is klein onder die families in Juda, maar uit jou sal daar iemand kom wat aan My behoort en hy sal in Israel regeer. Sy begin lê ver terug, in die gryse verlede."
Kommentaar: Volgens die nuwe weergawe van die teks bestaan die Messias nie van alle ewigheid af nie, maar is sy begin iewers in die gryse verlede. Weer eens wil die vertalers nie hê dat Jesus hierin gesien moet word nie. Volgens Matt. 2:6 en Joh. 7:42 is Miga 5:1 egter onteenseglik 'n Messiaanse profesie.
Sag. 12:8
In die dag sal die HERE die inwoners van Jerusalem rondom beskut, en die struikelende onder hulle sal in die dag wees soos Dawid, en die huis van Dawid soos 'n hemelse wese, soos die Engel van die HERE voor hulle uit.
Daardie dag sal die Here die inwoners van Jerusalem beskerm. Selfs die swakste van hulle sal daardie dag soos Dawid word, en die koningshuis van Dawid sal soos 'n hemelwese word, soos die engel van die Here wat voor hulle uit gaan.
"Engel van die Here" in die Ou Vert. met hoofletters, wys duidelik op Jesus Christus of God self. (Ook "Engel van die Verbond" Mal. 3:1)
Sag. 12:10
"Maar oor die huis van Dawid en oor die inwoners van Jerusalem sal Ek uitgiet die Gees van genade en smekinge; en hulle sal opsienna My vir wie hulle deurboor het."
"Maar oor die koningshuis van Dawid en oor die inwoners van Jerusalem bring Ek 'n gees van welwillendheid en van berou: hulle sal na hom kyk vir wie hulle doodgesteek het."
Kommentaar: In Sagaria sê die Here dat Hy die Heilige Gees, die "Gees van genade en smekinge", net voor die eindtydse koms van die Messias oor Israel sal uitstort sodat hulle Hom aan sy deurboorde hande en voete sal kan uitken en na Hom kan opsien vir redding. Die Nuwe Vert. maak hiervan net 'n humanistiese "gees van welwillendheid" wat onder mense vaardig sal word. Weer eens skryf hulle die Messias uit die Ou Testament en verwys nie na "My vir wie hulle deurboor het" nie, maar na "hom vir wie hulle doodgesteek het." Jesus is nie doodgesteek aan die kruis nie, maar het self sy lewe afgelê (Joh. 10:17-18). Jesus se hande en voete is deurboor. In Joh. 19:33, 34 lees ons baie duidelik dat Hy reeds dood was toe die spies in sy sy gesteek is.
Sag. 13:6
"En as iemand vir hom sê: Watter wonde is daar tussen jou hande? Dan sal hy antwoord: So is ek geslaan in die huis van my vriende."
"En as iemand vir die profeet sê: ‘Wat se wonde het jy dan op jou bors?’ sal hy antwoord: ‘Iemand het my so geslaan in die huis van my vriende.’ "
Mal. 3:10
"Bring die hele tiende na die skathuis, sodat daar spys in my huis kan wees; en beproef My tog hierin, sê die HERE van die leërskare, of Ek vir julle nie die vensters van die hemel sal oopmaak en op julle 'n oorvloedige seën sal uitstort nie."
"Bring die volle tiende na die voorraadkamer toe sodat daar iets te ete in my huis kan wees, en toets My hierin, sê die Here die Almagtige. Toets My of Ek nie die vensters van die hemel vir julle sal oopmaak en vir julle reën sal uitgiet, meer as wat julle kan gebruik nie."
Kommentaar: Die woord "seën" wat allesomvattend is, is met die woord "reën" vervang. (KJV) "Bring ye all the tithes into the storehouse, that there may be meat in mine house, and prove me now herewith, saith the LORD of hosts, if I will not open you the windows of heaven, and pour you out a blessing, that there shall not be room enough to receive it."

Verdere Ou Testamentiese veranderings
Bogenoemde is slegs enkele voorbeelde uit die Ou Testament. Oral is pogings aangewend om die Messiaanse profesieë te versluier. 'n Baie algemene metode is bv. om die persoonlike naamwoorde en voornaamwoorde wat op die Here Jesus dui, in die Nuwe Vertaling met 'n kleinletter te skryf. Vgl. bv. Jes. 49:1-7; Jes. 52:13,15; Jes. 53:1-12 en Jes. 61:1.
In Jes. 49:1-7; Jes. 53:1-12 en Jes. 61:1 lees ons talle profesieë oor Jesus se koms na die aarde. In die ou vertaling word woorde soos HERE, Hom, Hy, My, Kneg, U en Regverdige spesifiek met hoofletters vertaal om aan te toon dat dit oor die komende Christus gaan. In die Nuwe Vertaling is dit alles in kleinletters geskryf – geen verwysing na Christus wat sou kom nie of dat Hy God is nie. Wat wou hulle hierdeur bereik? Watter betekenis sou die woorde, “soos Hy gespreek het deur die mond van sy heilige profete van ouds af” (Luk. 1:70), dan nog enigsins hê as die Ou Testamentiese profesieë oor Christus so verduister is?
'n Paar ander ‘regstellings’ is ook gemaak, bv. in Prediker 10:2. Die Ou Vert. sê: "Die hart van die wyse is na regs, maar die hart van die dwaas is na links." Die Nuwe Vertaling sê: "Die verstand van een wat wysheid het, gee hom krag, maar dié van 'n dwaas maak hom swak." Dit is nóg 'n verdraaiing!

Die Nuwe Testament
Die aanslag van die vertalers het ernstige skade aan die Nuwe Testament berokken. Daar bestaan 'n lys van 256 veranderings, verdraaiings en weglatings. Dit is nie eers naastenby almal nie. Let veral daarna op hoe baie die Naam "Jesus" en "Christus" met opset weggelaat is. In Handelinge is die woord"dissipels" etlike kere met "gelowiges" vertaal. Vergelyk bv. Hand. 6:1 en 7. In Paulus se briewe is die woord "heiliges" met "gelowiges" of met "gemeente"vertaal. Telkens kom dit op 'n verlaging in standaarde neer, wat die gevolg is van die feit dat dit semanties foutiewe weergawes van die oorspronklike terme is.
In die Nuwe Testament is 16 volledige verse uitgelaat en nog 'n paar so te sê volledige verse. Let gerus daarna op dat die Nuwe Vertaling byvoorbeeld 'n Matt. 18:10 het en net daarna 'n Matt. 18:12. Matt. 18:11 is heeltemal uitgelaat. Hierdie vers bevat egter die sentrale tema van die hele Bybel, nl. “Want die Seun van die mens het gekom om te red wat verlore is.” Sou God hierdie vers as onbelangrik beskou?
Wat die weglatings van tekste betref, is dit opvallend dat die betrokke teksnommers in sommige eksemplare van die Nuwe Vertaling verskyn, maar niks daarna nie. Die nommering van die tekste in die Nuwe Vertaling verskyn nie aan die linkerkant soos by die Ou Vertaling nie, maar is rond en bont gedoen wat veroorsaak dat die weggelate tekste nie opgemerk word nie. Indien mens die weggelate tekste met 'n hoog aangeskrewe Engelse vertaling soos die King James Version van 1611 vergelyk, dan word die tekste as outentiek en deel van die Heilige Skrif beskou. In die Nuwe Vertaling is hulle egter uitgelaat. Die "Jehovah-getuies" is baie tevrede met die Nuwe Vertaling, omdat dit dieselfde gedeeltes van die Skrif verdraai en weglaat, wat hulle ook doen in hulle "New World Translation".
Die volgende is van die vernaamste veranderings en weglatings in die Nuwe Testament van die Nuwe Vertaling (1983):

MATTHEUS:
1:25 "Eersgeborene" is uitgelaat. Dit is in lyn met die moderne ontkenning van die maagdelike geboorte van Christus.
5:44 "seën die wat julle vervloek, doen goed aan die wat julle haat" is uitgelaat.
6:13 VERS UITGELAAT: "want aan U behoort die koninkryk en die krag en die heerlikheid tot in ewigheid, Amen."
(1 Kron. 29:11) Die lofprysing aan die Vader, wat Christus vir die slot van die gebed beveel, word weggelaat. Dit doen afbreuk aan die diep nederigheid voor die ALLERHOOGSTE God en Vader, asook die kinderlike vertroue, wat Christus met hierdie woorde in ons harte wil wek. Waarom? Die nuwe benadering is mos om God as "Pappa", en "jy" en "jou" aan te spreek. Mens vind dat die onbybelse benadering om God as ‘n "maatjie" te beskou, al meer gewild word.Godsdiens moet nou ‘n persoonlike “trip” word, vol vals ekstase en jolyt. Ek, word nou die sentrum van godsdiens, nie my Skepper en HERE nie.6:27 "een el by sy lengte voeg" is verander na "een enkele uur by sy lewe voeg".
8:29, 14:14, 14:25, 15:30, 17:11, 17:20, 18:2, en 24:2 "Jesus" is uit al dié tekste uitgelaat.
9:13 "tot bekering" is uitgelaat.
13:51 "Jesus - Here" is uitgelaat.
15:8 "nader My met hulle mond" is uitgelaat.
16:3 "geveinsdes" is uitgelaat.
17:21 VERS UITGELAAT: "Maar hierdie geslag gaan nie uit behalwe deur gebed en vas nie".
18:11 VERS UITGELAAT: "Want die Seun van die mens het gekom om te red wat verlore is".
19:9 "en die wat die geskeie vrou trou, pleeg egbreuk" is uitgelaat; en "hoerery" is verander na "owerspel".
20:16 "want baie is geroep maar min uitverkies" Hierdie dringende waarskuwing is doelbewus uitgelaat.
20:22 "en gedoop word met die doop waarmee Ek gedoop word" is uitgelaat. Die verwysings na die doop, soos Jesus gedoop is, (Jesus is deur Johannes die Doper gedoop "om alle geregtigheid te vervul - Matt 3:15) is weggelaat. In hierdie teks verwys Jesus na die Doop (soos hy gedoop is) en die nagmaal (soos Hy dit sou instel) as sakramente van geloof.
21:12 "van God" is uitgelaat.
23:8 "Christus" is uitgelaat.
23:14 VERS UITGELAAT: "Wee julle skrifgeleerdes en Fariseërs, geveinsdes, want julle eet die huise van die weduwees op, en doen vir die skyn lang gebede. Daarom sal julle 'n swaarder oordeel ontvang". Christus is hiermee besig om die liefdeloosheid en skyn van die Fariseërs te ontbloot.
25:13 "waarop die Seun van die mens kom nie" is uitgelaat.
27:35 "sodat vervul sou word wat deur die profeet gespreek is: Hulle het my klere onder mekaar verdeel en oor my gewaad die lot gewerp" is uitgelaat. In die Ou Vertaling is die kruisverwysing na Psalm 22:19, waarin dit baie duidelik is die lot oor Jesus se gewaad gewerp sou word.
28:6 "Hy het opgestaan" (Dit wil sê, Hy het die mag oor die dood gehad en die mag om self op te staan.) is verander na "Hy is uit die dood opgewek". Dit is nog 'n poging om Jesus se Godheid te ontken. "Here" is ook uitgelaat.
28:7 "Hy het opgestaan uit die dode" is verander na "Hy is uit die dood opgewek". Kyk Joh. 10:17-18 en Mark 9:31
28:9 "en terwyl hulle op weg was om dit aan sy dissipels te vertel" is uitgelaat.
28:20 "Amen" aan die einde van die hoofstuk is uitgelaat.
MARKUS
1:2 Hier vind ons 'n LEUEN in die Nuwe Vertaling. Daar lees ons: "In die boek van die profeet Jesaja staan daar geskrywe: ‘Kyk, Ek stuur my boodskapper voor jou uit. Hy sal die pad vir jou regmaak". Hierdie profesie oor Johannes die Doper staan nie in Jesaja nie, maar in Mal. 3:1. Die Nuwe Vertaling lieg dus hier vir ons. In Num. 23:19 en Titus 1:2 lees ons egter duidelik dat God nie kan lieg nie. Die woord “U” wat na Jesus verwys, word hier met die woord “jou’ vervang.
In Mark. 1:3 eers vind ons die profesie uit die boek Jesaja. Is die Nuwe Vertaling deur die Heilige Gees (die Gees van die waarheid) geïnspireer? Die ou vertaling is heeltemal korrek as dit sê: " Soos geskrywe is in die Profete: ..." – meervoud (Mark. 1:2 in die ou vertaling).
2:17 "tot bekering" is uitgelaat.
5:13 en 7:27 "Jesus" is uitgelaat.
6:11 "Voorwaar Ek sê vir julle, dit sal vir Sodom of Gomorra verdraagliker wees in die oordeelsdag as vir daardie stad" is uitgelaat. Die toorn van God oor die sonde word vermy.
6:33 "Hom" met 'n hoofletter, is verander na "hulle". "by Hom vergader" is uitgelaat. Die feit dat baie Jesus herken het, het as gevolg van hierdie verdraaiing verlore gegaan.
7:16 VERS UITGELAAT: "As iemand ore het om te hoor, laat hom hoor". Hierdie waarskuwing is doelbewus uitgelaat.
9:24 "Here" is uitgelaat.
9:44 en 9:46 VERS UITGELAAT: "waar hulle wurm nie sterf en die vuur nie uitgeblus word nie". Vgl met Jes 66:24 OAV
9:49 "en elke offerhande sal met sout gesout word" is uitgelaat.
10:21 "neem die kruis op" is uitgelaat. Hierdie opdrag is uitgelaat om mense te mislei. Volgens die soetsappige kultusse en voorspoedsgodsdienste moet dit altyd met jou goed gaan, anders is daar fout met jou geloof. Dawid, Paulus en baie ander kinders van God het nie altyd net voorspoed belewe nie. Was daar fout met hulle geloof?
10:24 "vir die wat op hulle goed vertrou" is uitgelaat. Hierdeur word die vertroue op Christus se verdienste op die agtergrond geskuif.
11:10 "in die Naam van die Here" is uitgelaat.
11:26 VERS UITGELAAT: "Maar as julle nie vergewe nie, sal julle Vader wat in die hemele is, ook julle oortredinge nie vergewe nie". Hierdie belangrike woorde van Jesus Christus is totaal uitgelaat.
13:14 "waarvan gespreek is deur die profeet Daniël" is uitgelaat.
13:33 "waak en bid" is verander na "wees waaksaam" dit is dus nie nodig om te bid nie.
15:28 VERS UITGELAAT: "en die Skrif is vervul wat sê: En Hy is by die misdadigers gereken". Vgl Luk 22:37; Jes 53:12
16:6 "Hy het opgestaan" is verander na "Hy is uit die dood opgewek." Hier word weer ontken dat Jesus die mag oor die dood gehad het en die mag om self uit die dood op te staan. Vgl. Joh 10:17-18 en Mark 9:31
16:9-20 In 'n voetnota word dié hele gedeelte as 'n latere byvoeging beskou. Die Nuwe Vertaling poog om Markus 16:9-20 af te maak as "bygevoeg" tot die grondteks. Markus 16:16 word verder gewysig vanaf "Hy wat glo en hom laat doop, sal gered word;..." na: "Wie tot geloof gekom het en gedoop is, sal gered word;..." ‘n Subtiele wysiging om mense wat "gedoop" is VOORDAT hulle tot geloof gekom het, gewoonlik deur besprinkeling as babatjies, onder die wanindruk te bring dat hul "doop" hier ingesluit is.
16:20 "Amen" aan die einde van die hoofstuk is uitgelaat.
LUKAS
1:15 "sterk drank" is verander na "bier".
1:28 "geseënd is jy onder die vroue" is uitgelaat.
2:33
 "Josef" is verander na "Sy vader". Let op die implikasie van hierdie verandering. Josef was nie Jesus se biologiese vader nie. Die maagdelike geboorte word hier ontken asook die goddelike wonder dat Jesus sondeloos ontvang is. (Jes. 7:14)
2:40 "in die Gees" is uitgelaat.
2:43
 "Josef en sy moeder" is verander na "sy ouers".
4:4
 "maar van elke woord van God" is uitgelaat.
4:8
 "gaan weg agter my Satan" is uitgelaat.
4:18
 "om die wat verbryseld van hart is te genees" is uitgelaat.
4:41 "die Christus" is uitgelaat.
6:48 "sy fondament was op die rots" is verander na "die huis was goed gebou". Die rots, Jesus Christus (1 Kor. 3:11), word dus nie meer genoem nie.
7:22 "Jesus" is uitgelaat.
9:54 "Soos Elia ook gedoen het" is uitgelaat.
9:55 "en sê: Julle weet nie van hoedanige gees julle is nie" is uitgelaat.
9:56 "want die Seun van die mens het nie gekom om die mense se lewe te verderf nie, maar te red" is uitgelaat.
9:57 "Here" is uitgelaat.
11:2 "Onse... wat in die hemele is... laat u wil geskied, soos in die hemel net so ook op die aarde;" is uitgelaat.
11:4 "maar verlos ons van die Bose" is uitgelaat.
11:29 "die profeet" is uitgelaat.
12:31 "God" is uitgelaat.
13:25 "Here" is uitgelaat.
17:36 VERS UITGELAAT: "Twee sal op die land wees; die een sal aangeneem en die ander verlaat word".
21:36 "ontvlug" is verander na "behoue deurkom".
22:64 "en Hom in die aangesig geslaan en Hom gevra" is uitgelaat.
23:17 VERS UITGELAAT: "En hy was verplig om vir hulle op die fees een los te laat".
24:6 "Hy het opgestaan" is verander na "Hy is uit die dood opgewek". Dit is nog 'n poging om Jesus se Godheid te ontken. Hier word ontken dat Hy die mag oor die dood gehad het en die mag om self uit die dood op te staan. Vgl. Joh 10:17-18 "Daarom het die Vader My lief, omdat Ek my lewe aflê om dit weer te neem. Niemand neem dit van My af nie, maar Ek lê dit uit Myself af. Ek het mag om dit af te lê en Ek het mag om dit weer te neem. Hierdie gebod het Ek van my Vader ontvang. "
24:49 "Jerusalem" is uigelaat.
24:53 "Amen" aan die einde van die hoofstuk is uitgelaat.
JOHANNES
1:14 en 18 "eniggeborene" is verander na "enigste", wat 'n ander betekenis aan hierdie begrip verleen.
1:27
 "wat voor my geword het" is uitgelaat. Christus se ewigheid (as ware God) word ontken.
2:22 "toe Hy opgestaan het uit die dode" is verander na "nadat Hy uit die dood opgewek is" Dit is nog 'n poging om Jesus se Godheid te ontken. Hier word ontken dat Hy die mag oor die dood gehad het en die mag om self uit die dood op te staan.
3:13 "wat in die hemel is" is uitgelaat. Weereens word Christus se Godheid aangetas.
3:15
 "nie verlore mag gaan nie" is uitgelaat.
4:42
 "die Christus" is uitgelaat.
5:3
 "wat op die roering van die water gewag het" is uitgelaat.
5:4
 VERS UITGELAAT: "want 'n engel het op bepaalde tye in die bad neergedaal en die water geroer. Die een wat dan die eerste ingaan ná die roering van die water, het gesond geword, aan watter siekte hy ook al gely het". Die antwoord van die sieke in vers 7 is 'n duidelike bewys daarvan dat die weglatings van verse 3 en 4 foutief is.
16:16
 "omdat Ek na die Vader gaan" is uitgelaat. Kon die vertalers nie hier sien dat hulle met 'n valse en onvolledige manuskrip te doen het nie? Die dissipels doen dan aan die einde van vers 17 navraag oor Jesus se woorde: "Ek gaan na die Vader."
21:14 "nadat Hy opgestaan het uit die dode" is verander na "nadat Hy uit die dood opgewek is"
21:25 "Amen" aan die einde van die hoofstuk is uitgelaat.
HANDELINGE
3:26 "Sy Kind Jesus" is verander na "sy Dienaar".
4:24
 "Here, U is die God" is verander na "Here dit is U".
7:30
 "Engel" is met 'n kleinletter geskryf, "van die Here" is uitgelaat. "Engel van die Here" in die Ou Vert. met hoofletters, wys duidelik op Jesus Christus of God self. (Ook "Engel van die Verbond" Mal. 3:1)
7:37
 "na Hom moet julle luister" is uitgelaat. (Vgl. Deut 18:15)
7:38 "die Engel" is met 'n kleinletter geskryf.   (Sien 7:30)
8:37
 VERS UITGELAAT: "Toe sê Fillipus: As u glo met u hele hart, is dit geoorloof. En hy antwoord en sê: Ek glo dat Jesus Christus die Seun van God is". Die kern van die doopopdrag - jy mag gedoop word indien jy in Christus glo.
9:5
 "dit is hard vir jou om teen die prikkels te skop" is uitgelaat. Kyk Hand. 26:14.
9:6
 "en terwyl hy bewe en verbaas was, sê hy: Here wat wil U hê moet ek doen? En die Here antwoord hom:" is uitgelaat. Die vervalsing hier is ook baie duidelik in die lig van Hand. 22:10.
10:6
 "Hy sal jou sê wat jy moet doen" is uitgelaat.
15:11, 16:31 en 19:4
 "Christus" is uitgelaat.
15:18
 "Aan God is al sy werke van ewigheid af bekend" is verander na "Dit is van ouds af bekend".
15:34 VERS UITGELAAT: "Maar Silas het besluit om daar te bly." 
19:10 "Jesus" is uitgelaat.
20:28
 "Wat Hy deur sy eie bloed verkry het" is verander na "wat Hy vir Hom verkry het deur die bloed van sy eie Seun". Let weer op die implikasie.
22:16 
"Here" is uitgelaat.
23:9
 "Laat ons nie teen God stry nie" is uitgelaat.
24:7
 VERS UITGELAAT: "maar Lisias die owerste oor duisend het gekom en hom met groot geweld uit ons hande geneem".
24:8
 "en bevel gegee dat sy beskuldigers voor u moet kom" is uitgelaat.
28:29
 VERS UITGELAAT: "En toe hy dit gesê het, het die Jode onder groot woordestryd met mekaar weggegaan"
ROMEINE
1:16 "van Christus" is uitgelaat.
1:19-31 "hoerery" is uitgelaat. Daar word duidelik gepoog om die uitspraak vir die leser te versag.
6:11 "onse Here" is uitgelaat.
8:1 "vir die wat nie na die vlees wandel nie, maar na die Gees" is uitgelaat. Hierdeur word die eis tot 'n lewe van heiligmaking verswyg.
9:28 "in geregtigheid" is uitgelaat.
10:15 "van die wat die evangelie van vrede verkondig" is uitgelaat.
11:6 "en as dit uit die werke is, dan is dit nie meer genade nie; anders is die werk geen werk meer nie" is uitgelaat.
13:9 "jy mag geen valse getuienis gee nie" is uitgelaat.
14:6 "en hy wat die dag nie waarneem nie, neem dit nie waar nie tot eer van die Here" is uitgelaat.
14:21 "waardeur jou broer aanstoot neem – of waarin hy swak is nie" is uitgelaat.
14:22 "geloof" is met "oortuiging" vervang.
15:8 "Jesus" is uitgelaat.
15:29 "van die evangelie" is uitgelaat.
16:1 "ons suster Fébé, wat 'n dienares is" is verdraai na "Febe, wat 'n diaken is" (Daar was geen vroue diakens in daardie tyd nie, aangesien dit teenstrydig met God se voorskrifte is. Vgl Hand 6:3; Hand 6:1-7; 1 Tim 3:8-10,12 (Hulle vroue moet ook waardig wees. vgl. King James Version) (Die diakens moet manne van een vrou wees…) Ef 5:22-24; 1 Kor 11:3,8,9; 1 Pet 3:1-7; 1 Tim 2:11-15; Filip 1:1,12
16:24 VERS UITGELAAT: "Die genade van die Here Jesus Christus sy met julle almal! Amen".
1 KORINTHIËRS
5:4, 9:1, 9:18 en 16:23 "Christus" is uitgelaat.
6:20 "duur... en in julle gees wat aan God behoort" is uitgelaat.
10:28 "want die aarde behoort aan die Here en die volheid daarvan" is uitgelaat.
14:1 Die woord "profeteer" in die Ou vertaling word bv in die nuwe vertaling meestal aangedui as "woord verkondig" Indie Ou Vertaling: ...beywer julle op die geestelike gawes, maar veral om te profeteer" Nuwe Vertaling: "... maar veral om God se boodskap te verkondig." Die Griekse woord wat hier gebruik word, is "profeteer" - dieselfde stam as vir die woord "profeet." Die bedoeling is om openbaring van God oor 'n spesifieke saak oor te dra - die werk van 'n profeet - en nie net om die Woord te verkondig nie. Die Nuwe Vertaling het hier dus 'n eie (sinnige) interpretasie.
15:8 "en laaste van almal het Hy verskyn ook aan my as die ontydig geborene" is verander na "Heel laaste het Hy ook aan my, die misgeboorte, verskyn". Paulus se verwysing na homself as die ontydig geborene kan geensins as 'n misgeboorte vertaal word nie. Hy verwys hier na die tyd van sy geboorte (as Christen, m.a.w. sy wedergeboorte) en nie na die aard daarvan nie. 'n Misgeboorte is 'n miskraam, en dit doen geweld aan die betekenis van hierdie teks. Hierdie vers is in die 1996 uitgawe reggestel.
15:47 "die Here" is uitgelaat. Hier verklaar die Nuwe Vertaling dat “die eerste mens” uit die aarde is en “die tweede mens is uit die hemel.” Verwysende na Adam en Christus. Jesus Christus was egter nie 'n mens uit die hemel nie, maar God self wat mens geword het op aarde. Die ou vertaling is korrek as dit sê: “die tweede mens is die Here uit die hemel.”
Die deur word wawyd oopgemaak vir die Antichris om te verklaar dat hy ‘n mens uit die hemel is.
16:22 "Jesus Christus" is uitgelaat.
2 KORINTHIËRS
4:10 "Here" is uitgelaat.
5:18 "Jesus" is uitgelaat.
10:7 en 11:31 "Christus" is uitgelaat.
11:31 "onse" is uitgelaat.
GALÁSIËRS
3:1 "om die waarheid nie gehoorsaam te wees nie" is uitgelaat. Dit verander die betekenis van die teks.
3:17 "in Christus" is uitgelaat. Die teks is nou heeltemal verdraaid.
4:7 "deur Christus" is uitgelaat.
6:15 "in Christus Jesus" is uitgelaat.
6:17 "die Here" is uitgelaat. "in my liggaam" is verander na "aan my liggaam".
EFÉSIËRS
3:9 "deur Jesus Christus" is uitgelaat.
3:14 "van onse Here Jesus Christus" is uitgelaat.
5:30 "van sy vlees en van sy bene" is uitgelaat.
6:1 "in die Here" is uitgelaat.
6:10 "my broeders" is uitgelaat.
FILIPPENSE
2:16 "deurdat julle die woord van die lewe vashou" is verander na "deur die woord van die lewe uit te dra". Lees vers 14 tot 16 om die verband van die verandering in betekenis te kan sien.
3:16 "laat ons eensgesind wees" is uitgelaat.
4:13 "Christus" is uitgelaat. Dit is ‘n miskenning van Jesus Christus.
KOLOSSENSE
1:2 "en die Here Jesus Christus" is uitgelaat.
1:14 "deur sy bloed" is uitgelaat. Hier word die bloed van Jesus uit die verlossingsplan weggelaat. Dit is een van verskeie kernstellings oor verlossing wat in die Nuwe Vertaling in die slag bly.
1:28 "Jesus" is uitgelaat.
3:6 "kinders van die ongehoorsaamheid" is verander na "mense wat aan Hom ongehoorsaam is".
THESSALONICENSE
1:1 "van God onse Vader en die Here Jesus Christus" is uitgelaat.
2:19, 3:11, 3:13 en 2 Thess. 1:12 "Christus" is uitgelaat.
1 TIMÓTHEÜS
1:1 en 5:21 "Here" is uitgelaat.
1:17 "alleenwyse God" is verander na "enigste God".
2:7 "in Christus" is uitgelaat.
3:16 "God is geopenbaar in die vlees" is verander na "As mens het Jesus in die wêreld gekom". Hierdie teks oor die Here Jesus se Godheid is só verander dat dit sy uiters belangrike grondbetekenis verloor het.
4:12 "in gees" is uitgelaat.
5:21 "Here" is uitgelaat.
6:5 
"onttrek jou aan sulke mense" is uitgelaat. Was hierdie opdrag vir die vertalers onaanvaarbaar?
2 TIMÓTHEÜS
1:11 "van die heidene" is uitgelaat.
4:1
 "die Here" is uitgelaat.
4:22
 "Jesus Christus" is uitgelaat.
TITUS EN FILÉMON
Titus 1:4 "die Here" is uitgelaat.
Filémon v. 6
 "Jesus" is uitgelaat.
Filémon v. 12
 "maar neem jy hom" is uitgelaat.
HEBREËRS
1:3 "deur Homself" is uitgelaat.
2:7 "en hom oor die werke van u hande aangestel" is uitgelaat. "U het hom 'n weinig minder as die engele gemaak" is verander na "U het hom 'n kort tydjie minder as die engele gemaak".
3:1 "Christus" is uitgelaat.
7:21 "volgens die orde van Melgisedek" is uitgelaat. "U is" wat na Jesus verwys, is verander na "Jy is" wat die hele betekenis wysig.
10:9 "o God" is uitgelaat.
10:29 "Onrein geag" is verander na "geminag". Dit verander die betekenis.
10:30 "spreek die Here" is uitgelaat.
10:34 "in die hemele" is uitgelaat.
PETRUS
1:22 "siele deur die Gees" is uitgelaat.
4:1 "vir ons" is uitgelaat. Die vers is nou vir 'n verkeerde vertolking oop.
4:14 "wat hulle betref, word Hy wel gelaster; maar wat julle betref word Hy verheerlik" is uitgelaat.
5:11 "die heerlikheid... alle" is uitgelaat. Dit verander die teks en water die trefkrag daarvan af.
5:14 "Jesus" is uitgelaat.
2 Pet. 2:17 "vir ewig" is uitgelaat.
1 JOHANNES
1:7 "Christus" is uitgelaat.
2:7 "van die begin af" is uitgelaat.
4:3 "Christus in die vlees" is uitgelaat.
4:9 "eniggeborene" is verander na "enigste".
4:19 "Hom" is uitgelaat. Dit verander die betekenis.
5:7 "Want daar is drie wat getuig in die hemel: die Vader, die Woord en die Heilige Gees, en hierdie drie is een." Dié kernteks oor die Godheid van Jesus as die vleesgeworde Woord, asook oor die Drie-eenheidsleer, is drasties verander en kortgeknip na: "Daar is dus drie wat getuig". Daar het feitlik niks van die teks se oorspronklike betekenis oorgebly nie, en in die Nuwe Vertaling is 1 Joh. 5:7 presies net soos wat dit in die verdraaide "bybel" van die Jehovah-getuies voorkom. Uit die aard van die saak is hulle baie bly hieroor omdat hulle die Godheid van Jesus loën.
5:8 "en daar is drie wat getuig op die aarde" is uitgelaat om die huidige én die voorafgaande teks nog meer kragteloos en betekenisloos te maak.
5:13 "die Naam van" is twee maal uitgelaat. Hierdie teks oor geloofsekerheid is ook kortgeknip en van baie van sy betekenis beroof.
OPENBARING
1:8 "die begin en die einde" is uitgelaat.
1:9 "Christus" is twee maal uitgelaat.
1:11 "Ek is die Alfa en die Omega, die eerste en die laaste" is uitgelaat.
2:13 "Ek ken jou werke" is uitgelaat.
5:14 "vier en twintig" is uitgelaat. "wat lewe tot in alle ewigheid" is in die laaste gedeelte van die vers uitgelaat.
8:13 "engel" is verander na "arend".
11:17 
"en wat kom" is uitgelaat, waarskynlik omdat dit na die wederkoms van Jesus Christus verwys.
12:17 "Christus" is uitgelaat.
12:18 "En ek (Johannes) het op die sand van die see gaan staan." is verander na "Die draak het toe op die seestrand gaan staan."
14:5 "voor die troon van God" is uitgelaat.
16:5 "Here" is uitgelaat.
16:17 "van die hemel" is uitgelaat.
20:9 en 12 "God" is uitgelaat.
21:24 "van die wat gered word" is uitgelaat.
22:21 "Christus" is uitgelaat.

Waar daar teksverse in die Nuwe Vertaling uitgelaat is, verskyn daar onderaan hierdie bladsye egter 'n nota dat hierdie verse nie in die gebruikte grondteks voorkom nie. Die gedeelte in Mark. 16:9-20 word ook aangedui dat dit nie in die gebruikte grondteks voorkom nie, maar tog is hierdie 12 verse ingesluit. Hoekom dan so inkonsekwent? Sou dit darem net te veel wees om so 'n groot gedeelte ook weg te laat? Wys dit hoe korrup die grondteks, wat vir die Nuwe Vertaling gebruik is, werklik is? Dieselfde het gebeur met nog 12 verse vanaf Joh. 7:53 tot Joh. 8:11. Hulle is daar, maar skep verwarring by die Christen as daar in die voetnota gelees word dat hulle eers later bygevoeg is.

Houding ten opsigte van die Nuwe Vertaling

Dit is baie duidelik dat fundamentele Christene nie die Nuwe Vertaling ongekwalifiseerd as die Woord van God kan aanvaar nie. Daar is heeltemal té veel onverskoonbare foute, menslike vertolkings en weglatings in wat met voorbedagte rade deel van die vertalingstrategie gevorm het. Ons glo aan die Goddelike inspirasie, onfeilbaarheid en onveranderlikheid van die Bybel as die Woord van God. Dit moet in sy letterlike, grammaties-historiese grondbetekenis eerbiedig word.
Die Bybel is nie 'n speelbal vir teoloë wat allerlei nuwe idees het nie. Dit is belangrik om daarop te let hoe die Bybel homself definieer
  • Dit is nie menslik in oorsprong nie, maar die Woord van God: "En ons het die profetiese woord wat baie vas is, waarop julle tog moet ag gee soos op 'n lamp wat in 'n donker plek skyn, totdat die dag aanbreek en die môrester opgaan in julle harte; terwyl julle veral dit moet weet, dat geen profesie van die Skrif 'n saak van eie uitlegging is nie; want geen profesie is ooit deur die wil van 'n mens voortgebring nie, maar, deur die Heilige Gees gedrywe, het die heilige mense van God gespreek" (2 Pet. 1:19-21).
  • Jesus is die vleesgeworde Woord deur wie God aan ons geopenbaar is (Joh. 1:1-14). Sy woorde, wat in die Bybel opgeteken is, is gees en lewe (Joh. 6:63).
  • God is die outeur van die Bybel: "Die hele Skrif is deur God ingegee en is nuttig tot lering, tot weerlegging, tot teregwysing, tot onderwysing in die geregtigheid, sodat die mens van God volkome kan wees, vir elke goeie werk volkome toegerus" (2 Tim. 3:16).

Die Here sal diegene straf wat sy Woord minag deur moedswillig daaraan te verander:
  • "Julle mag by die woord wat ek julle beveel, niks byvoeg nie, en julle mag daar niks van weglaat nie; sodat julle die gebooie van die HERE julle God mag onderhou, wat ek julle beveel" (Deut. 4:2).
  • "Elke woord van God is gelouter; Hy is 'n skild vir die wat by Hom skuil. Voeg by sy woorde niks by nie, sodat Hy van jou nie rekenskap vorder en jy as 'n leuenaar openbaar word nie" (Spr. 30:5-6).
  • "As iemand by hierdie dinge byvoeg, dan sal God oor hom die plae byvoeg waarvan in hierdie boek geskrywe is. En as iemand iets van die woorde van die boek van hierdie profesie wegneem, dan sal God sy deel wegneem uit die boek van die lewe en uit die heilige stad en uit die dinge waarvan in hierdie boek geskrywe is" (Op. 22:18-19).

Die Bybel word nie meer as God se geïnspireerde Woord aanvaar nie
Die sterk humanistiese inslag in die meeste moderne Bybelvertalings kan toegeskryf word aan die feit dat 'n groot aantal teoloë nie meer die Bybel as die geïnspireerde Woord van God aanvaar nie. Dit is waarom hulle dit nou vertaal en vertolk net soos wat hulle wil. Die nuwe Afrikaanse vertaling is 'n produk van hierdie benadering.
In sy bekende boek, The Battle for the Bible, sê dr. Lindsell (1976:17-19) dat die Bybel die enigste betroubare bron van die Christelike geloof is. Daar is volgens hom drie moontlike benaderings tot die Bybel:
1. Die Bybel is tot in sy kleinste besonderheid volkome betroubaar en foutloos. Slegs godsdienstige waarhede word daardeur aan ons geopenbaar.
2. Die Bybel is nie betroubaar nie. Indien hierdie stelling korrek is, dan berus die Christendom op 'n valse fondament. Slegs 'n dwaas en 'n misleide persoon sal 'n geloof aanhang waarvan die openbaringsbron onbetroubaar en vals is.
3. Die Bybel bevat waarheid én foute. 'n Gedeelte daarvan is dus betroubaar, en die res is vals en teenstrydig.
Dr. Lindsell (1976:19-20) bevestig die feit dat die oorheersende skrifbeskouing deur die eeue heen op die absolute foutloosheid, goddelike oorsprong en gesag van die Bybel gebaseer was. Enige foute wat daarin mag wees, was nie doelbewus nie on kon bv. by transkribering ingesluip het. Die kerkhervormers het ook die standpunt gehuldig dat mense net die instrumente was waardeur God sy woord aan ons geopenbaar het (Packer, 1979:7).

Die Bybel bevestig self sy outentieke karakter:
  • "Die hele Skrif is deur God ingegee" (2 Tim. 3:16). 
  • "...geen profesie is ooit deur die wil van 'n mens voortgebring nie, maar, deur die Heilige Gees gedrywe, het die heilige mense van God gespreek" (2 Pet. 1:21). 
  • "Die hemel en die aarde sal verbygaan, maar my woorde sal nooit verbygaan nie" (Luk. 21:33). 
  • "Want die woord van God is lewend en kragtig en skerper as enige tweesnydende swaard" (Heb. 4:12). 
  • "Die hele Skrif is deur God ingegee en is nuttig tot lering, tot weerlegging, tot teregwysing, tot onderwysing in die geregtigheid, sodat die mens van God volkome kan wees, vir elke goeie werk volkome toegerus" (2 Tim. 3:16-17).