Friday, May 14, 2010

How the Corrupt tell a Story

What a joke this letter is, especially if you see who wrote it. None other than Ronnie KASRILS, a person who has been seen / heard and recorded lying to the People of South Africa.

What makes this letter any more credible or fact if Ronnie's corrupt past shows us why he can not be trusted with telling the truth?

http://www.anc.org.za/show.php?doc=ancdocs/pubs/umrabulo/umrabulo31/art9.html

Monday, May 10, 2010

Bobbejaan en sy SPEELGOED!!!

"Beeld - 9 Mei 2010"


Nóg twee motoriste was die afgelope naweek slagoffers van klippe wat van brûe oor snelweë gegooi is.
’n Man is Vrydag - nadat hy “genadiglik” toevallig van bane verwissel het - rakelings gemis deur ’n klip wat van ’n brug in Pretoria afgegooi is, sy ruit aan die passasierskant getref en weggespat het.
Dit was op dieselfde dag dat mnr. Gideon Ehlers (39), ’n ingenieur van Centurion en die pa van twee seuns, dood is toe ’n klip “so groot soos ’n wiel” van ’n ander brug in dié stad op sy motor gegooi is.
Kort tevore was daar nog twee soortgelyke voorvalle.
Volgens mnr. Berto Engelbrecht (34) van Bronkhorstspruit, wie se motor ook Vrydag getref is, het hy in Beeld gelees van Ehlers se dood.
Hy (Engelbrecht) het omstreeks 15:00 van Midrand na Rosslyn gery, onderdeur die brug waar die N1-hoofweg verdeel in die N14 (na Krugersdorp) en die Ben Schoeman-hoofweg na Midrand.
“Die padoppervlak het my geïrriteer en ek het effens in ’n ander baan ingery. Dat ek dít gedoen het, was net genade en het my waarskynlik van ernstige beserings gered. Net nadat ek onderdeur die brug is, het ek ’n helse slag gehoor en glas sien spat.”
Volgens Engelbrecht het die ruit by die passasiersitplek heeltemal versplinter. Die stukke glas het sy motor vol gelê.
“Ek was angsbevange en het net aangery. So 2 km later het ek stilgehou. ’n Man wat agter my gery het, het ook stilgehou. Volgens hom het hy ook net die slag gehoor.”
Engelbrecht sê die klip sou waarskynlik sy voorruit getref het as hy in die baan gebly het.
Ehlers, ’n sand-en-klip-ingenieur van Drift Super Sand in Muldersdrift, was dieselfde oggend omstreeks 01:00 in Pretoriastraat na die hoofweg op pad toe die klip hom getref het. Hy is op slag dood.
Kort tevore was daar nog twee soortgelyke voorvalle.
Mnr. Brian Engelbrecht (21), ’n sjef van Ndlovu Lodge, was Woensdag omstreeks 23:45 in ’n westelike rigting op die N4 op pad huis toe toe hy ’n klip van die brug net voor die N1-wisselaar sien val.
Engelbrecht het uitgeswenk, maar die klip het die passasierskant van sy VW Polo getref. Sy voorruit, kopstut en paneelkissie is in die aanval verwoes.
Sowat tien dae gelede het mnr. Gabriel Barnard (24), ’n gimnasium-instrukteur, omstreeks 23:45 in Kerkstraat langs die N4-hoofweg gery toe hy iets hoor “ontplof'', Barnard het gesê ’n klip het op sy agterste sitplek beland, maar hy het eers enkele meters daarvandaan stilgehou.
Gister het ’n Johannesburgse man aan Beeld gesê hy vermoed iemand het ook op sý motor ’n klip gegooi.
Mnr. David MacMahon (32) was eergister omstreeks 17:30 op pad werk toe.
Hy het op die M1-suid gery, onderdeur ’n brug by die Uncle Charlies-wisselaar, toe sy voorruit aan die passierskant skielik gebars het.
“Ek het nooit die klip gesien of in my motor gevind nie, maar al logiese verduideliking is dat dit van bo af gegooi is,” het hy gesê. “Dit is net genade dat dit die passasierskant getref het.”

Konst. Portia Maleka, polisiewoordvoerder, het gister gesê die polisie patrolleer gebiede wat as gevaarsones geïdentifiseer is.

“Dit lyk beslis asof die oortreders dit met opset doen en die meeste van die aanvalle vind in die vroeë oggendure plaas. Ons werk voltyds aan dié kwessie.”